Original Research

Tegniek as bemiddeling tussen lewensritme en kosmiese ritme?

E. Wolff
The Journal for Transdisciplinary Research in Southern Africa | Vol 5, No 2 | a134 | DOI: https://doi.org/10.4102/td.v5i2.134 | © 2009 E. Wolff | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 02 March 2016 | Published: 04 April 2009

About the author(s)

E. Wolff, Departement Filosofie, Universiteit van Pretoria, South Africa

Full Text:

PDF (316KB)

Abstract

Die doel van hierdie artikel is om na te dink oor ’n merkwaardige gebeurtenis waarin spitswetenskap en kuns mekaar ontmoet het: die astroseis- mologie van Conny Aerts en die komposisie van Willem Boogman. Op die punt van ontmoeting, tussen hierdie andersins uiteenlopende praktyke, is (1) ’n naden- ke oor ritme en ritmering, (2) wat tegnies bemiddel is en oor (3) die verhouding tussen die alledaagse lewenswêreld en die enormiteit van die kosmos wat daar- deur getematiseer word. Nadat die agtergrond van hierdie ontmoeting uiteengesit is, word ’n fenomenologiese analise van die komplekse weefsel van lewensritme uitgewerk om aan te toon hoe laasgenoemde deur vertroudheid gevorm word en wat die tegniese aard daarvan is. Daar word betoog dat ’n gelukkende lewen- skarakter hiervan afhanklik is. Lewensritme neem egter vorm aan onder druk van sosiale interaksie en van kulturele intervensies. In ’n wêreld wat onder die invloed van Westerse wetenskap staan, word mense se lewensoriëntering meesal geken- merk deur ’n verlies aan kosmiese lewensoriëntasie. Die vooruitsig dat hierdie verlore band tussen die mens en die kosmos deur wetenskap of kuns (of albei) herwin kan word, word aan kritiese nadenke onderwerp.

Keywords

Tegniek; wetenskap; astronomie; kuns; musiek; kultuur; ritme; alledaagse lewe; Conny Aerts; Willem Boogman

Metrics

Total abstract views: 1995
Total article views: 895


Crossref Citations

No related citations found.